Tuiste > Twinkle > ‘n Spook wat nie wyk nie

‘n Spook wat nie wyk nie

//wagarfamily.blogspot.com/

Vanaf http://wagarfamily.blogspot.com/

Twinkle spook by my. Vir die wat nie weet nie en wil weet, lees hier, hier en hier.

Ek slaap sleg, en as ek droom, is my kind daar. En dis altyd ek en my kind; Ma is nêrens nie. Ek hou aan droom dat ons nie die miskraam gehad het nie. Dit pla my dat ek in my drome so volledig voel oor die “kind wat ek het”; en dat ek so gelukkig voel in die drome.

Dis nou al meer as ‘n jaar… wanneer word mens gesond na so iets? Wanneer hou mens op dink aan “dit wat kon wees”? Wanneer hou mens op wonder of Twinkle ’n dogtertjie sou wees of ‘n seuntjie, alhoewel ek tot vandag toe oortuig is Twinkle was ‘n dogtertjie? En haar naam sou Veronique wees. Wanneer hou mens op om te wonder of Twinkle meer na haar ma of haar pa sou trek? Wanneer hou dit op om so onmenslik SEER te wees?

Categories: Twinkle
  1. 16 Oktober 2008 at 7:01 vm | #1

    Nico daardie seer bly vir lank, ek het 17 jaar terug verloor, sy naam sou Dewald Terblance gewees het, maar omdat …. het ek die baba’tjie verloor. Ek het dae en nagte aaneen sleg gevoel, gehuil, Jaco versmoor met liefde, hy was te klein gewees om te weet wat regtig met my gebeur het! Vandag nog wonder ek oor hierdie seuntjie, MAAR ek troos my daaraan, hy is by JESUS! Toe ek weer swanger raak met juffie ek was so bly, so opgewonde, alles het goed gegaan, elke sonar was dit die perfekte ou baba’tjie wat in my groei! Een aand …. toe gebeur dit weer dat hy my skop, slaan, gooi, weer skop, en weer skop, ek het begin bloei, die volgende oggend het my pa met my dr toe gejaag, ek was toe 19 weke swanger, ek is opgeneem, en het die volgende 11 weke gebloei, waarvan ek meer in die kliniek was as by die huis! Die dokter wou die swangerskap met tye beeindig het, maar haar hart kloppie was net te sterk, sy is op 28 weke gebore, sy was bitter bitter klein.

    Ek het kort na haar geboorte weer swanger geraak, maar … ek het die baba’tjie ook verloor. Nico daardie seer bly in mens, dit gaan nie weg nie, ek huil baie oor die twee wat ek verloor het, wonder baie oor hulle, die laaste ene’tjie wat ek verloor het sou ‘n dogtertjie gewees het, haar naam sou Desiree gewees het! Nico ek glo die HERE het ‘n doel met alles. Dit maak seer, ek weet, die drang om daardie baba’tjie vas te hou sal vir altyd daar wees. Sterkte Nico, ek weet ek ken daardie seer!

  2. Wondernet ®© ♂♪♥♀ & WP
    16 Oktober 2008 at 7:59 vm | #2

    Nico ………….. Vir een keer in my lewe sukkel ek om die woorde te hê om met jou te simpatiseer. Wat sê mens vir iemand wat hierdeur gaan? My swaer se vrou het 3 miskrame gehad voordat hulle dogtertjie gebore is. Elke keer was die verwagting groot elke keer die teleurstelling en pyn grooter. Hulle dogter is nou 2 en ek vermoed dat hulle vir eers nie weer wil probeer nie, want hulle is bang dat dit weer kan gebeur.

    My ma het tussen my en my broer nog ‘n seun gehad, maar hy is stil gebore. Sy het hom die hele tremyn gedra en daai jare het die dokter dit nie agter gekom dat hy reeds dood was nie. Blykbaar kort voor die geboorte. Tot voor haar dood op die ouderdom van 58 het sy nog gewonder oor die seun.

    Ek glo dat die hemelse vader ons as ouers daar gesit het om, om te sien na ons kinders en daar vir hulle te wees. Ouers is nie gemaak om hul kinders te begrawe nie.

    Nico ek dink op die dag aan jou en bid jou sterkte toe om hierdie seer te kan hanteer. Ek sê hanteer, want mens kan en behoort dit nooit te vergeet of verwerk nie.

    Groete :sad:

  3. 16 Oktober 2008 at 10:46 vm | #3

    Ek weet nie. Ek weet nie of mens ooit ophou wonder nie. Ek weet nie of dit ooit sal beter word of weggaan nie. Jammer ek kan jou nie troos nie. Ek weet nie of troos sal help nie.

    Eintlik weet ek nou minder as voorheen, so ek sal nou maar stilbly.

    Sterkte.

  4. 16 Oktober 2008 at 10:53 vm | #4

    Ek is ook woordeloos.
    So ek sit maar ‘n rukkie op die rotse by jou.
    Luister na die branders.

  5. Zee
    16 Oktober 2008 at 11:04 vm | #5

    (((Nico)))

  6. 16 Oktober 2008 at 11:05 vm | #6

    Dan gee ek ook nou maar ‘n drukkie, want ek weet ook nie. (((Nico)))

  7. 16 Oktober 2008 at 11:31 vm | #7

    Raak het ek die vet weet nie. Al wat ek jou kan bied is ‘n skouer en ‘n oor.

  8. 16 Oktober 2008 at 11:33 vm | #8

    ‘Skies, dit moet lees raad het ek die vet weet nie

  9. 16 Oktober 2008 at 12:50 nm | #9

    Hoe kan ‘n mens ‘n kind ooit vergeet? Ek dink nie dis moontlik nie. Strongs, Nico.

  10. 16 Oktober 2008 at 1:22 nm | #10

    Ek vergeet nie eers kinders wat nie myne was nie!

  11. 16 Oktober 2008 at 2:13 nm | #11

    Nee, mens vergeet nooit nie. Die rofies groei wel later oor die seer, maar die onthou en die wonder is altyd daar… Maar dit sal beter word, jy sal sien. Sterkte.

  12. 16 Oktober 2008 at 4:02 nm | #12

    Ek dink die gat sal altyd daar wees en van tyd tot tyd bloei. Ek dink mens moet eerder daarmee saam probeer leef. Maar eerlik…ek het nie ‘n clue nie.

  13. 16 Oktober 2008 at 4:28 nm | #13

    ((nico)) wens ek het geweet

  14. 16 Oktober 2008 at 6:14 nm | #14

    :sad: ek het nou al ‘n paar keer terug gekom, getik en delete, maar ek kan nie wegstap sonder ‘n spoortjie nie. Dis darem baie erg en seer.

  15. 17 Oktober 2008 at 9:58 vm | #15

    Ek weet waardeur jy gaan…… Ek is al tien keer daardeur….. My laaste was tot op 16 weke dit was n seuntjie sy naampie was Wian… Ek lê nou nog na 3 jaar in die aande en wonder Hoekom? Tyd genees…. ek weet nie hoe lank is die tyd nie maar mens vergeet nooit… Sterkte Ek het net besluit ek gaan nie weer probeer nie so ek stort al my liefde op my peetkind dit werk vir my….

  16. 18 Oktober 2008 at 1:57 nm | #16

    Nico – om rus te vind glo ek dat ‘n mens dit ‘n naam moet gee. Gee haar, haar naam. Noem haar by haar naam, neem afskeid van haar, hou begrafnis en ween vir haar…sit ‘n kruis met haar datum op. ‘n Plek waar jy kan gaan rou. Dit is alles goed my vriend solank jy dit ‘n naam gee. Skryf vir God ‘n brief en vertel Hom dat jy kwaad is. Hy sal verstaan….Hy ken van pyn en dood. Sterkte vir jou en die moeder van Veronique.

  17. maxie
    20 Oktober 2008 at 9:15 nm | #17

    Ai my vriend..
    ((Nico))

  18. 21 Oktober 2008 at 10:12 vm | #18

    Sterkte Nico!

  19. 23 Oktober 2008 at 8:14 vm | #19

    Nico geniet jou dag!

    SHARKS!!!!!!!!!!!

  20. 24 Oktober 2008 at 9:25 vm | #20

    Dis amper naweek. Ek hoop jy gaan jou naweek geniet. Gaan drink ‘n ietsie saam met ‘n paar vrinne en kom Maandag verfris terug.

    Groete

    Die lewe is ‘n lied, skryf jy net self die woorde!!

  21. 28 Oktober 2008 at 2:15 nm | #21

    Mens vergeet nooit – dis waar die woord herinnering vandaan kom! En mens moet die seer voel en beleef om te kan oorleef! Dit maak jou as mens karakter bou! En dis wat ek noem: Die waarom vragies van die lewe! ((((((((Nico))))))))

    Wonner waars die man heen wat ek eens op ‘n tyd geken het as daar by wie jy altyd ‘n smile kry, ‘n grappie of poets! Waars al die avontuurlus? The guy I would salute any day! Waar is hy heen? Ongelukkig skei die soort sulk depro gevoel ook endorfiene af wat jou nog erger laat voel en die donker gat net nog meer laat kolk! Gooi life ‘n zap terug dude! En vragie waaroor jy kan dink: Does God plan your destiny or you? Wat ek gevind het is dat die Skepping nie klaar is nie, elke dag word dit nog verder geskape! Amazing stuk software wat perfek werk sonder dat enige human nodig is! Dan vra mens weer: Nou verdomp waarom is ons humans dan hier? Die dag as jy daai antwoord gekry het, skryf dit asb vir my op papiertjie en stuur met ‘n posduif – ek sal hom brannas gee wanneer hy aanland met die interesante nuus!

    PS: Kom antwoord jou volgende lys vragies patat! ;-)
    Lyk my die mense van die blogosfeer stel nie belang nie!

    Bravo 2 oor en uit!
    007 het ‘n environment om te red!

  22. 28 Oktober 2008 at 7:05 nm | #22

    Dagse Nico

    Ek kan nie vir jou aantwoord oor hoekom dit solank vat of hoe lank nog gaan vat nie. Wat ek wel weet is dat oor die algemeen sal mens nooit ophou om te onthou die dinge wat vir jou belanrik is in die lewe nie. Die vrae en wonder sal bly, later net verder uitmekaar maar seker nooit weggaan nie. Dis mensliken jy is ‘n mens met gevoel en emosies beleef dit en koester dit, klink nou dalk onvanpas, maar met tyd maak dit sin.

    Die hoe en die waarom vra ons altyd, maar die waarvan en die watter vergeet ons om na te kyk en oor te dink. Sy is nou beskerm en veilig en het nie enige bekommernisse nie. Die berusting sal kom, maar waarvan HY haar beskerm het so voortydig weet ons nie en dit is dalk in SY wysheid die genade wat HY aan julle gegee het. Sy is weg voor sy hier gebore is, maar sou dit nie erger gewees het as sy eers moes seerkry, of lank siek wees voor sy verhuis het nie.

    Ek weet nie, het nie antwoorde nie, maar ek weet dat GOD in SY almag dalk net moontlik julle en haar van groter seer beskerm het.

    Sterkte en genade vir hulle.

    Groete

  23. 30 Oktober 2008 at 7:06 vm | #23

    ((((((((((nico))))))))))

    wmj?

    Wat het van jou geword?

    Sien vanoggend dit het baie meer in jou valley gereèn as by ons, maar dit was heerlik, so koel! Geniet jou dag!!

  24. 31 Oktober 2008 at 12:35 vm | #24

    KOEwwwwwwwiiiiiieeeeeeeeeeeeee!!!
    Nicolas van der merwe waar loop jy rond? KOm plak jou gat op jou stoel en blog asb!!!! Kyk hoer vergaan die plek sonner jou!
    :-(

    Bravo2 pê en uit!

  25. 31 Oktober 2008 at 6:48 vm | #25

    Nico baie geluk met jou verjaarsdag môre, hoop jy gaan ‘n heerlike wonderlike dag hè!

  26. 31 Oktober 2008 at 8:56 vm | #26

    Baie geluk met jou verjaardag môre. Mag jy sonkyn en liefde beleef. Of as jy wil hê dit moet reën “so be it”, maar geniet die dag.

  27. 2 November 2008 at 10:04 nm | #27

    Nico, ek’s laat, soos gewoonlik. Hoop jy het lekker verjaar die 1ste. :wink:

    Hoekom so stil?

  28. Pa
    4 November 2008 at 7:09 nm | #28

    Ek wou die Saterdag al opsit. Spyt ek het nie.
    1 November 1977 het dit 5-uur die oggend gereen toe ons hospitaal toe is.
    1 November 2008 is dit kraai-warm in Pretoria. My hart huil die strate nat vir jou.

  29. maxie
    4 November 2008 at 10:11 nm | #29

    SJOE.
    Dis so spesiaal…

  30. 6 November 2008 at 12:42 nm | #30

    En nou huil ek ook! Ek huil nou al 2 weke aanmekaar! Ek wens ek kon iets met jou deel….. sommer net ‘n seer! Dalk sou jy verstaan!

  1. 16 Oktober 2008 at 10:15 vm | #1