WINTER
die nuwe jaar se goud word nou as
korter dae word nou ons lot en ons las
gras verwelk, ook die blom se kelk
somer se glorie word suur net soos melk
die trotse Protea met soet sy geur
word deur die winde in twee deel geskeur:
stukkend gelê op ysklip se hard
in winter bewaar tot velbrand se smart
12 May 2008 at 6:55 pm
Mooi…
13 May 2008 at 10:29 pm
Baie, baie mooi. Ek haat winter, maar jou gedig maak dit amper vir my iets moois
17 May 2008 at 11:07 am
Winter is nie vir my nie. Ek dink ek gaan die gedig op die yskas plak. Dis moet my laat beter voel!
19 May 2008 at 2:46 pm
Baie mooi geskryf…