R18LV - Contains graphic descriptions of nasty thoughts and medical conditions which may be upsetting to sensitive readers…

 

Hierdie keer skryf ek ‘n posting omdat ek voel ek moet een skryf… dit gaan nie oor ‘n “proof of life” nie, dis net… omdat.

Hierdie afgelope week was maar soos altyd ‘n woeste roller coaster ride en ek dink ek het nou uiteindelik begin naar raak. Ons het einde ten laaste ‘n hofdatum - die 28ste Augustus - en ek is nie so verlig daaroor soos wat ek gehoop het ek sal wees nie. Dit vang my nou eerder dat daar so ‘n finaliteit aan die ding is… die point of no return lê agter ons. Die Rubicon is oorgesteek. Die trein het nie meer brieke nie. Die finaliteit daarvan het my met my broek op die knieë gevang, en dit het my tot die besef gebring dat ek hier moet wegkom. Ek wil hardloop, ek wil wegkruip… nee, nie regtig nie. Maar hardloop, ja. Ek wil net vir ‘n rukkie vir die pyn weghardloop, al weet ek dit sal my bly volg totdat ek omdraai en dit face. Maar ek sal verkies om dit ‘n bietjie uit te stel.

Dit bring my by die punt dat ek nodig het om ‘n bosberaad van soorte met myself te gaan hou. Ek het gedink ek sal die 28ste na ons saak afgehandel is verdwyn na ‘n ligging wat slegs aan myself bekend sal wees. My selfoon sal af wees, my laptop by die huis, en mense moenie verwag om voor Sondag die 31ste van my te hoor nie. Maar ek sal dit waardeer as iemand vir my ‘n aanbeveling kan maak vir ‘n goeie venue vir so ‘n bosberaad, een wat nie die bank gaan breek in terme van petrol en akkomodasie endiesmeer nie, maar wat darem ook ver genoeg uit Pretoria uit weg is dat ek kan sê ek laat die stad agter. Ek sou graag bietjie wou gaan duik by Sodwana, maar ai, tog! Die Randjies…

Wat bespreek mens met jouself op so bosberaad? Gaan dit daaroor om vrede met jou situasie te vind? Of om vrede met jouself te kry? Of vrede te vind met ‘n Metafisiese Wese waarvoor jy nie die nodigheid in jou lewe sien nie en aan Wie jy net nie ‘n behoefte ervaar nie? Gaan ‘n Bosberaad oor vrede?

Ek weet nie watter besluite ek kan neem op so beraad nie; daar is te veel. As ek dalk met ‘n agenda vir ‘n Bosberaad kan terugkom van die een af het ek dalk baie uitgerig. Ek gaan waarskynlik emosioneel te rou wees met my Bosberaad; dit sal nie wys wees om enige groot besluite te neem nie. So, gaan ‘n Bosberaad oor besluite?

Miskien moet ek myself in die oë gaan kyk, maar ek is nie van plan om ‘n spieël saam te ry nie. Is dit nou ‘n goeie tyd om myself in die oë te kyk?

Dis ook waarskynlik dat ek op daardie stadium ’n verlies van ‘n ander aard gaan moet verwerk; dit gaan regtig nie goed met Ouma nie en die dokters sê daar is nie eintlik hoop nie, hulle kan haar nog net gemaklik maak.

Waarom moet dit nou gebeur? Waarom, om hierdie stadium van my lewe wat ek ander dinge het wat my energie vereis? Hoekom werk dinge so uit? Wie se idee van ‘n siek grap is dit? Hoekom is aborsie OK in hierdie land, in hierdie wêreld waarin ons leef, maar jy mag nie iemand eutaniseer nie? Watter een is meer medemenslik? Wie besluit oor hierdie dinge? Hoekom kan mens nie iemand wie se vlees letterlik besig is om vrot te word, wat in elk geval nie meer WIL lewe nie, uit die lewe help nie? Wat is meer medemenslik? Om daardie persoon se smart te verlig en hulle met ‘n greintjie waardigheid te laat sterf, of om hulle lewendig te laat vrot word?

Of is dit iets wat mens op ‘n Bosberaad vat? Die feit dat jy so kwaad is vir die wêreld waarin jy gedwing word om te leef? En wat presies doen jy daaraan? Watter besluite neem jy om dit vir jouself draagliker te maak? Of watter vrede vind jy daarmee? Bereik jy ‘n wapenstilstand en word net nog ‘n skaap in die voerkraal, of hou jy aan fight met jou pea-shooter teen die tornado? En altwee se uiteinde is presies dieselfde…

Fok, ek is kwaad! En bitter! En gatvol! En moerse depressed.

PS. Ek het laasnag van my eks-baas gedroom. Ek het gedroom hy is ‘n midget wat by ‘n go-kart baan werk. Dis vir my positief - ek begin om die man te vergewe en hel, ek sukkel daarmee…

Môre gaan ek hof toe om ons datum op die hofrol te laat plaas. Ek sien geweldig op daarteen… ek voel aan die een kant ek is al uit hierdie huwelik uit my maar my vingers wil desperaat en krampagtig bly gryp na iets wat voel of dit ‘n ligjaar agter my lê. Ligjare ver, maar nog so vars in my gedagtes, so… ek kan nie glo ons kon dit nie laat werk nie… maar dis verby. Daar is nie nou meer omdraai nie… die afgelope twee, drie maande het my soveel verander dat ek nie kan teruggaan nie, al wil ek. So, in die woorde van Battery 9 (Paul Riekert & Kie.), Lie if you have to…

I thought I’d be cool
I thought I’d be nice
I thought I wouldn’t blame you
Or give you advice
But now that’s all over
Now that’s all dead
That last little comment
Stays stuck in my head

Don’t know what happened
Was it me or was it you?
We just lied when we had to

[anyway, ...uum bye]

We spoke about love
We spoke about hate
We spoke about comments
That would change our fate

I just couldn’t believe it
My heart turned to lead
When your granite voice told me
“Forget what I said”

Don’t know what happened
Was it me or was it you?
We just lied when we had to
Don’t know if you miss me
But tell me that you do
Lie if you have to
Lie if you have to

Don’t know if you miss me
But tell me that you do
Lie if you have to
Lie if you have to
Lie if you have to

Boendoe sê ek moenie ʼn eiland raak nie en die dinge wat binne my aangaan uitblog. Ek weet blog is ʼn goeie manier om dinge in jou gestel uit omloop te kry, maar ek is nie op hierdie stadium noodwendig lus om dit wat binne my aangaan oor die eter te verkondig nie, al weet ek dit sal vir my goed wees. So, as jy nie lus om dalk ontsteld te raak nie, is dit ʼn goeie idee om nou eerder jou e-mail te gaan lees of om daai koffie te gaan maak of om jou Internet Explorer of Firefox toe te maak en bietjie te WERK.

 

Het jy dit toe nie gedoen nie? Is jy nog steeds hier? Moenie sê ek het jou nie gewaarsku nie…

 

Alles om my is swart en donker op hierdie stadium. Ek voel sinies en sarkasties en mislik – dis ook hoekom ek nie kommentaar lewer op hierdie stadium nie. Dis vir my moeite om op te staan in die oggende want ek sien nie op hierdie stadium wat in ʼn dag kan gebeur om dit vir my die moeite werd te maak nie. Ek wil nie alleen wees nie, maar 98% van die tyd is ek lus om vir mense om my te sê om te fokkof en my uit te los.

 

Ek het op ʼn keer gesê dat ʼn egskeiding is soos om papier te skeur omdat dit in die eerste plek moeilik is om te beheer in watter rigting die papier skeur, in die tweede plek omdat geskeurde papier nie meer mooi rante het nie, en in die derde plek, omdat dit ʼn aaklige klank maak. Die papier skeur, oraait. Ek is op hierdie stadium bekommerd dat dit my siel in sy moer in skeur. Daar sit op hierdie stadium so ʼn groot gat, en ek weet nie waarmee dit volgemaak kan word nie. Drank werk nie; ek het dit probeer en uitgevind dat hartseer baie goed kan swem. Ek is nie lus vir enigiets nie maar ek wil besig bly; ek wil nie alleen wees nie, maar ek voel bitterlik geïsoleerd en uitgelewer.

 

Ek het ʼn goeie deel van die naweek saam met ʼn dierbare vriendin van my deurgebring – ek ken haar al tien jaar lank. Niks onderduims nie, sy het net gedink dis nie ʼn goeie idee dat ek alleen is nie. Dankie, C. Jy is ʼn ster, ʼn staatmaker en ʼn lewensredder en ek dink jy ken my beter as wat ek bereid is om toe te gee. Maar op ʼn manier voel ek skuldig daaroor. Hoekom weet ek nie – niemand het iets gedoen wat as ongeoorloof beskou kan word nie.

 

Die ander ding wat my op hierdie stadium vang is die fisieke alleen. Ek dink darem oor die algemeen ek is “mind over matter” genoeg om dinge in toom te hou, maar die vet weet, ek mis dit om die lyf van een wat ek liefhet teen my eie te voel. Om uiters platvloers daaroor te wees, dit gaan nie oor jagsheid nie; ek is nie PB nie. Dit gaan oor daardie teerheid, daardie nabyheid, daardie intimiteit, daardie “ek aanvaar jou” wat net deur die kontak van naakte vel oorgedra kan word; soveel woorde word so gespreek, soveel gedagtes word gewissel, soveel gevoelens gedeel, en selfs dit wat nie in woorde gesê kan word nie, word so gesê.

 

Ek wens net hierdie verdomde egskeiding kan nou agter my kom dat ek kan aangaan met my lewe. Ek is nog op hierdie stadium ʼn getroude man, al is dit “vervreemd”; ek vergeet dit nie vir ʼn oomblik nie. Maar dikwels dink ek – my huwelik bestaan net op papier. As ʼn geregtelike formaliteit. Dit wat ek as my huwelik beskou het – dit wat voor die kansel belowe is in die teenwoordigheid van God en gaste – is lankal nie meer nie. Daardie beloftes is verbreek en nie meer geldig nie en net die feit dat ʼn regter in die Hoëgeregshof nog nie sy hamertjie geslaan het nie hou my getroud. Dis fucked up…

 

PS. Ten spyte van kommentaar in die verband, ervaar ek nie enige kommentaar wat gelaat word op my blog word as “bronstig” nie. Ek waardeer almal se kommentaar, beide die verwerende en beskuldigende partye s’n. Dit laat my :-) en weet daar’s mense wat vir my omgee.

Ek het per e-pos die volgende onderskepte gesprek tussen Mugabe en een van sy Ministers ontvang. Uiteraard kan ek nie my bron bekend maak nie…

:lol:

Geniet die naweek en jammer eks so stil, ek het net nie vreeslik baie te sê op die stadium nie!

Ek wou die musiekvideo van die song opsit maar YouTube boikot my vannaand, so, al wat julle kry is die liriek. Ek kry nie eers ‘n mooi prentjie om hierby te sit nie - kan jy glo, vir die eerste keer ooit laat Google Image Search my in die steek!

Perfect Day - Lou Reid

Just a perfect day
Drink sangria in a park
And then later when it gets dark
We go home

Just a perfect day
Feed animals in the zoo
And then later a movie, too
And then home 

Oh it’s such a perfect day
I’m glad I spent it with you
Oh such a perfect day
You just keep me hanging on
You just keep me hanging on

Just a perfect day
Problems are left to know
Weekenders all night long
It’s such fun

Just a perfect day
You make me forget myself
I thought I was someone else
Someone good

Oh it’s such a perfect day
I’m glad I spent it with you
Oh such a perfect day
You just keep me hanging on
You just keep me hanging on

Vandag is Dinsdag, 8 Julie 2008. Ek dink dis die laaste dag wat ek en sy gelukkig saam deurgebring het. Of dit vir “Old Times’ Sake” was weet ek nie, maar vir vandag het alles bymekaar gekom.

Ons het vanoggend Hoëgeregshof toe gegaan en die stempels gaan kry op die papiere en is daarna Balju toe om die dagvaardiging op my te bestel. Daarna het ons ontbyt gaan eet by Huckleberry’s in Magnolia Dal. Kan jy glo dat ons als afgehandel gekry het voor 11:00? In Suid-Afrika? En orals is ons in Afrikaans gehelp?

Ek het haar vanmiddag vir ‘n fliek gevat en daarna het ek vir aandete gekook - een of ander mean pasta wat op die ingewing van die oomblik by my opgekom het wat op die einde van die dag nie te sleg was nie.

Vir ‘n oomblik vandag het ek die prentjie gesien wat ek altyd gedink het ek en sy kan wees.

Maar dan weer, dalk is dit ‘n droom en as ek weer wakker word is dit iets wat soos ‘n Fata Morgana verdwyn. En so ‘n edele droom verdien ‘n requiem…

 

 

 

 

 

 

 

Meeste mense wat hier lees weet dat ek my potjie in die onderwys krap, maar die baie mense weet nie dat ek nie ‘n onderwys kwalifikasie het nie. Ek is ‘n programmeerder/stelsel ingenieur as jy gaan kyk na wat ek geswot het. Mense vra my dikwels wat soek ek in die onderwys - hulle sê ek kan soveel beter geld verdien (wat ‘n understatement is) - maar vir eers is onderwys my roeping. My persoonlike Jona-storie. Omdat ek in onderwys ‘n verskil maak in mense se lewens; dis in my opinie iets met Ewigheidswaarde.

Ek het egter onlangs ‘n gulde geleentheid gekry - hy het na my toe aangestap gekom, en vir so geleentheid wys mens nooit die deur nie - om weer te programmeer, maar op konsultasiebasis. Ek gaan nie verder daaroor uitbrei nie omdat die inligting rondom dit redelik vertroulik is. Maar as ek die projekte kan afhandel, is ek uit die onderwys uit en dan gaan ek die wyer horisonne opsoek. Die gogga byt elke dag bietjie seerder en ek besef ek sal nooit gelukkig wees totdat ek my wetsuit vat en die wêreld gaan duik nie.

Ek sit toe nou vir die beste deel van die dag en skryf ‘n simulator in Delphi - my eerste voorkeur in programmeringstale, omdat dit jou dwing om netjies en gestrukturereerd te programmeer. Die finale produk wanneer ek dit lewer moet egter in Visual C++ of VB.NET wees, maar ek moet eers vir my Microsoft Visual Studio in die hande kry. Ek wil nie die Express version by Microsoft aflaai nie (dis iets soos 3.4 GB), en ek wil dit ook nie graag pirate nie, maar ek het ook nie op hierdie stadium R 5300 om vir my Visual Studio Professional aan te koop nie. (As iemand my kan help hiermee sal ek baie dankbaar wees.)

Dit laat my egter vandag dink… wat maak ‘n programmeerder? Ek het vir 3 jaar in my onderwysloopbaan mense probeer leer programmeer en ek het tot die gevolgtrekking gekom dat programmeerders nie opgelei word in die ware sin van die woord nie; hulle word gebore. En as ek verkeerd is op die stelling, dan is die vermoë om te programmeer iets wat op ‘n baie vroë ontwikkelingstadium ingebors word. As ek na my broer kyk - hy is ‘n hoogs intelligente mens - maar hy sal nooit kan programmeer nie. So, as dit nie intellek is nie, wat is dit?

Ek dink dis die vermoë om op ‘n sekere manier te dink - ‘n programmeerder is iemand wat ‘n abstraksie kan vat en ‘n sinvolle prentjie in sy gedagtes kan omskakel. En dan daardie prentjie te vat en dit op te breek in komponente en in miljoenstes van sekondes die volgorde van gebeure kan insien. Daarby moet ‘n programmeerder die GEDULD hê om vir ‘n dag lank op twee lyntjies kode te sit en wroeg wat net nie reg wil werk nie.

Ek geniet programmering; as ek ooit wonder of ek ‘n situasie regtig verstaan, skryf ek ‘n program om dit te simuleer. Dis vir my lekker as ek sien dat ek die ding reg verstaan, en dat ek ‘n rekenaar kry om presies te doen wat ek wil hê hy moet doen - dis so bietjie van ‘n power rush.

Maar ek geniet dit vir een of ander rede baie meer om ‘n kind te laat besef dat x^2 + x^2 = 2x^2, nie 4x nie…

PS: Nou weet julle wat dink ek sit en niksdoen in die skoolvakansie wat ek regtig met my tyd maak! :lol:

Ek is nou eintlik so half en half lus om vandag die stok in die bynes te druk en hom goed te roer. Ons almal wat blog, of die meeste wie se blogs ek volg, het al êrens en op ʼn stadium die rede aangevoer oor hoekom hulle blog. Mense wat my blog lees sal my redes ken en ek gaan hulle nie verveel deur dit weer aan te voer nie, maar die wat wonder, kliek hier. Dis êrens in daardie stukkie.

Ek is die afgelope tyd besig om ʼn interessante tendens op te merk in die Afrikaanse Blogosfeer. Dit is vir my verstommend hoeveel nuwe blogs daar is vandat Steve se Spoegblok na die Groot Blog in die Lug gegaan het. Ek kla nie daaroor nie – ek gee nie om dat hulle in 2 weke die hits kry wat ek nie in 2 jaar gekry het nie – bloot omdat ek myne nie as ʼn “mainstream” blog sien nie; ek gee nie om hoe gewild of ongewild my blog is nie, maar ek vermoed hy sal nadese bietjie minder hits kry. Ek is inteendeel bly dat soveel Afrikaanse mense SKRYF! Dit ontstig my net soms om te sien watter kak partymaal kwytgeraak word, veral in die kommentaar wat sekere mense lewer; mense wat in my opinie te slapgat is om hul eie blogs te hê en hul eie sê daar te sê, waar mens soms jou standpunt moet verdedig.

 

Dis vir my interessant om op te merk dat voor SSSB daar nog nie ʼn blog soos Die Werf was nie – maar ek is bereid om te aanvaar dat ek dalk te ignorant was om vroeër daarvan te weet. Dit het oornag ʼn Mega-blog geraak en is dag na dag die gewildste blog op WordPress. Nog by Mega-blogs en my eie ignorance en my eie waarneming – ek het eers die afgelope week uitgevind dat daar iets soos bosparra.com is! Dis vir my ook interessant om op te let hoe die een – lyk my – pro-Steve is en die ander anti-Steve. Ekself wil myself nie enige rigting toe verbind nie – ek dink die man se optrede is laakbaar en wil dit nie bespreek nie. Mense naby my weet wat ek regtig dink.

 

Kruidjie-roer-my-nie het anderdag ʼn pos geskryf oor blogroll politiek en ek het dit nogal geniet om te lees wat mense daaroor te sê gehad het. Nou, die ander kant van om ʼn blog te skryf, is om blogs te lees. Hoekom lees ons ander mense se blogs? Ek het al by ʼn paar geleenthede genoem dat ek dink bloggers voyeuristiese mense is .

 

(voy·eur [voy yúr, vw yúr] plural voy·eurs, noun 1. somebody who watches for sexual pleasure: somebody who gains pleasure from watching, especially secretly, other people’s bodies or the sexual acts in which they participate; 2. persistent observer of misery or scandal: a fascinated observer of distressing, sordid, or scandalous events, Microsoft® Encarta® 2006. © 1993-2005 Microsoft Corporation. All rights reserved.)

 

En moenie vir my sê jy lees nie ander mense se blogs nie! Wat soek jy dan hier, en hoekom het jy ʼn blogroll? (Nee, nie jy nie, Adrie!) Verder, ons het elkeen ons gunsteling blogs; ek het ʼn paar blogs wat ek soos Evangelie volg. Die feit dat ek nie kommentaar gelewer het nie, beteken nie dat ek nie daar is nie. Maar dit bring my terug by die vraag, hoekom lees ons ander mense se blogs?

 

Die mense wie se blogs ek lees het elkeen ʼn sonderlinge storie waarmee ek kan identifiseer, en party mense se stories is vir my asembenemend rein en mooi. Van die mense wie se blogs ek lees vind ek intellektueel stimulerend. Party mense se blogs gee my ʼn ander perspektief oor sake wat ek dink ek al lankal vir myself uitgemaak het. Party mense se blogs gee my iets om oor te dink. Ek lees graag mense se reisverhale – ek wil self binne ʼn jaar wanneer ek die wyer horisonne opsoek ʼn reis- en scubaduik blog oopmaak (dit sal ongelukkig in Engels wees). Ek lees party mense se blogs omdat hulle so blatant eerlik is oor wat hulle voel en soms sulke interessante sienswyses het. Sommige blogs lees ek vir die geestelike pitkos wat dit bevat. En soveel kere, op al hierdie blogs, is daar ʼn lag met ʼn traan.

 

Ek wil nie sê watter blogs ek soos Evangelie volg nie, en ek dink nie dis regverdig om die vraag te vra nie – as ʼn pseudo-veteraan blogger dink ek dit sal oneties wees, en alhoewel ons so dikwels so oop is oor wat ons voel en dink op ons blogs, is daar sekere dinge wat out-of-bounds bly.

Die ergste deel van die verhaal tot op hede is om in die aand alleen in die bed te klim. Dit voel vir my verkeerd – ek mis haar daar waar ek so gewoond geraak het dat sy lê. Dalk is daardie “gewoond geraak” ding ʼn groot deel van die probleem, want ek dink dat ek, in my gewoond wees dalk ophou waardeer het.

Dit bring mee dat ek myself skielik betrap dat ek lê en dink aan al die dinge wat ek mis van haar. Soos die klank van haar lag, wat my laat dink aan water wat uit ʼn fontein borrel. Of hoe as sy langs my sit, my issues skielik net stilraak. Of dinge soos om vir haar ʼn koppie Milo of koffie te maak as sy koud kry.

Daar is ook die dinge wat ek nie mis nie. Ek mis nie die TV nie, ek mis nie… nee, hierdie is nie ʼn plek om vuil wasgoed te was nie. Dit volstaan om te sê dat daar die dinge is wat ek nie gaan mis nie.

Ek merk gisteraand op dat dit vir my voel of daar ʼn gat in die Heelal is. Dit voel vir my of ek besig is om in ʼn gravitasiekolk af te tuimel, want ek kry nie vinnig genoeg (na my sin) die gat toegestop wat deur haar afwesigheid gelaat word nie. “Geduld,” sê mense vir my; “tyd is genadig.” Dit mag so wees, maar die realiteit van die nou is dat dit hard en koud en skerp is soos witgerypte rotse.

… oooooooh, yeah…

PS. Sorry maar dinge knaag weer erg aan my die afgelope dag of wat. Best let it out, yeah?

PPS. Is ek die enigste nar wat so sukkel om op my WordPress admin in te kom?

Sometimes love just ain’t enough – Patty Smythe & Don Henley

 

I don’t wanna lose you,
I don’t wanna use you
Just to have sombody by my side
And I don’t wanna hate you
I don’t wanna take you
But I don’t wanna be the one to cry
That don’t really matter to anyone, anymore
But like a fool I keep losing my place
And I keep seeing you walk through that door
But there’s a danger in loving somebody too much
And its sad when you know it’s your heart you can’t trust
There’s a reason why people don’t stay where they are
Baby sometimes love just ain’t enough
Now I could never change you
I don’t wanna blame you
Baby you don’t have to take the fall
Yes I may have hurt you
But I did not desert you
Maybe I just want to have it all
It makes a sound like thunder
It makes me feel like rain
And like a fool who will never see the truth
I keep thinking something’s gonna change

But there’s a danger in loving somebody too much
And its sad when you know it’s your heart you can’t trust
There’s a reason why people don’t stay where they are
Baby sometimes love just ain’t enough

And there’s no way home
When it’s late at night and you’re all alone
Are there things that you wanted to say
Do you feel me beside you in your bed
There beside you where I used to lay

And there’s a danger in loving somebody too much
And it’s sad when you know it’s your heart they can’t touch
There’s a reason why people don’t stay who they are
Cause baby sometimes love just ain’t enough
Baby sometimes love just ain’t enough

 

Die eerste stap na ʼn kind se outonomiteit is om fiets te ry, want ewe skielik kan jy self mobiel wees en self van A na B en terug by A kom, waar A amper altyd die huis is. Party mense sal redeneer dat dit is om te loop of om te kruip, maar ek dink dis om fiets te ry. Veral as jy vir een of ander rede ʼn haastige mens is. Natuurlik kan jy op ʼn fiets baie vinniger baie verder kom ook, en om fiets te ry is tog soveel meer pret as om te loop of te hardloop.

 

Ek het op die plot aangekom met so ʼn geel Raleigh fiets. Boeta kon nog nie op daardie stadium tweewiel fiets ry nie; hy het sy eerste fiets-fiets op die plot gekry. Dit is aangekoop by Dreiers een dag in Brits; dit was so ʼn blou en wit Western Flyer. Na ʼn ruk kon die training wheels afkom, en van toe af het ek en Boeta heel gereeld en baie saam fiets gery.

 

Een aand het ons E.T. gaan kyk by ʼn inry – ek kan nie meer onthou watter inry dit was nie. Ek het nog nooit weer E.T. gekyk nie, maar die ding wat in my jeugdige koppie bly vassteek het is die fiets wat kon vlieg. Nou vir my was sien glo, en as ek ʼn fiets gesien vlieg het, dan moes ʼn fiets kan vlieg; mens moet net uitwerk hoe. Ek was op daardie stadium nog nie skool toe nie, so ek kan onthou dat ek en Boeta baie dae lank probeer het om te vlieg op ons fietse. Ons beste pogings was nie baie oortuigend nie. Ons het naderhand vir ons ʼn ramp gebou met die bourommel wat ons kon opspoor en ons het elkeen omtrent ʼn halwe meter gevlieg. Ons het die ramp probeer steiler maak, maar toe kon ons dit nie uitry nie. Ons het na baie dae se eksperimentering op ʼn baie vroeë ouderdom uit eie ondervinding tot die slotsom gekom dat mens nie alles kan glo wat jy in flieks en op die TV sien nie. Dit het nooit tot ons deurgedring dat jy bloot ʼn alien op jou fiets moet laai nie. Ons het ook deur eksperimentering geleer dat ʼn swart sak nie ʼn goeie valskerm is nie en dat mens nie met twee liter Coke-bottels op jou rug lank onder water kan bly nie.

 

Namate ek bietjie groter geword het, was dit nie meer lekker vir Boeta om saam met my fiets te ry nie, want ek kon vinniger ry omdat ek sterker was as hy. Omdat ek daarvan gehou het as Boeta saam met my fietsry moes daar ʼn plan gemaak word dat hy kan byhou. Stadiger ry was nie ʼn opsie nie, want Boeta wou juis so vinnig soos ek ry. Na ʼn kort dinkskrum het ons ʼn tou gaan haal en Boeta se fiets aan my fiets se saalpyp vasgemaak; sodoende kon ek vir Boeta op sleep neem en kon hy net so vinnig soos ek ry.

 

As kind weet jy nie alles van sleep wat jy as grootmens weet nie, want nadat ons die fietse aan mekaar vasgemaak het, het ek ʼn lekker aanloop gevat op my fiets. Ek voel die tou styftrek, en ek hoor Boeta val en ek voel dat ek ʼn fiets agter my fiets aansleep; nie op sy twee wiele nie, so hop-hop oor die grasperk. Ek het Boeta se fiets skoon onder hom uitgesleep en hy sit vol grass-burns! In retrospeksie het daar twee dinge verkeerd gegaan, nee, drie: Die eerste een is die aanloop wat ek geneem het. Die tweede van die foute was dat ons nie die tou aan Boeta se handvatsels vasgemaak het nie, maar aan sy voorwiel. Die derde, en die grootste van die foute was dat ons nie mooi gedink het nie.

 

Daarna was Boeta altyd gelukkig as ek so gery het dat hy kan byhou. Toe ons groter geword het en ander fietse gekoop het, het hy egter gesorg dat sy fiets vinniger was as myne. Toe ons heelwat ouer was het ons besluit dat ons bietjie groot geword het vir ons fietse en dat hulle gevolglik vervang moes word; dit was tyd vir grootmens-fietse. Ek het vir my so blou dikwiel aangeskaf, soos wat jy vandag nog sien die poskantoor gebruik. Boeta het vir hom ʼn ATB-Bomber aangeskaf, so ʼn rooie. Ek wou ook so een hê, maar ek het nie op daardie stadium dieselfde hoeveelheid geld gehad om te spandeer nie.

 

Met die groter fietse het ons natuurlik vir langer afstande kans gesien. Ons het baie Vrydag middae op ons fietse gespring en die sewe kilometer na Ahmed Jalalpor se winkel toe gery om elkeen ʼn Rand se Chappies te koop – iets wat ons nie by die huis mag geëet het nie. Maar pret het ons ook met die fietse gehad, want groter fietse ry natuurlik vinniger. En as jy aan die vooraand van puberteit staan en die eerste nanogramme testosteroon in jou bloed begin kom, dan moet jy begin truuks doen op jou fiets. Ek wou vreeslik graag ʼn wheelie doen, iets wat ek tot vandag toe nie behoorlik kan regkry nie. Ek het egter geleer dat daar in die pad skuur toe ʼn spesifieke klip is wat uitsteek, nie vreeslik baie nie, maar as jy hom teen ʼn ordentlike spoed vang en dan jou voorwiel oplig, kon jy iets kan doen wat jy kon verkoop vir ʼn wheelie.

 

Pap wiele lê natuurlik orals op plotte rond, en Perma-tubes was onbekostigbaar op daardie stadium. Pa het ons mooi geleer hoe om pap bande te lap en ons het spoedig baie bedrewe geraak daarmee. Ons het inderwaarheid dit naderhand so vinnig gedoen, ons kon in die Ferrari F1-span se kuipe gaan werk.

 

Een Sondag terwyl ek weer met die wheelie-ding besig was, kry ek weer ʼn pap wiel. Ek gaan maak dit gou reg, want ek is baie gretig om verder te gaan oefen; ek het mos goeie vordering gemaak die dag. Ek sit die wiel terug en ek trap daardie fiets dat die ketting skoon kraak dat ek lekker vinnig kan ry. Ek sien die klip en ek peil hom mooi. Ek vang die klip en ek trek op presies die regte oomblik die handvatsels op.

 

Ek wheelie, beter as wat ek dit nog ooit vantevore of daarna kon regkry!

 

Dalk moet ek eerder sê dat ek en alles aan my fiets, behalwe die voorwiel, wheelie. Die voorwiel wheelie nie saam nie; die voorwiel het besluit om op die grond te bly en ewe nonchalant in ʼn ander rigting te rol en daar eenkant te gaan omval. Ek het dit nie stewig genoeg vasgemaak nie. Ek bars al daar bo in lug, ten spyte van die pyn wat ek weet kom, uit van die lag. Ek het vrek hard geval daardie dag, en ek was orals waar daar plek was, nerf-af. Maar ek het so gelag vir daardie prentjie, ek kan nie die pyn onthou nie.

Next Page »